LSAN Sport
Sport

Interskole die sport-hoogtepunt van die jaar

Alies Sportfotos

Alies! YES!

Alies! YES!

Alies! YES! YES! YES!

LAERSKOOL ALIWAL-NOORD HERRYS SOOS DIE PHOENIX VAN OUDS!!

Vrydag, 2 Augustus 2019 het ons gees gevang soos nog nooit van tevore.  Die onnies het ook hulle deel gedoen om letterlik en figuurlik gees te vang deur ‘n frisbee kompetisie te hou.

During assembly the Aliwal North High School first teams visited us and contributed to the big hype. 

A big word of thank to the High School first teams for supporting us and for being here.

Ons uitslae bewys Laerskool Aliwal-Noord het nog baie oemf in hulle.
Met 21 wenne, 5 gelykop en 5 verloor is LAERSKOOL ALIWAL-NOORD definitief nog ‘n krag om mee rekening te hou!

‘n Spesiale woord van dank aan Hoërskool Burgersdorp en Laerskool Burgersdorp vir die hartlike ontvangs.  Baie dankie ook vir die goeie gees waarin die wedstryde gespeel is. 

Baie dankie aan al ons ouers vir die jaar se ondersteuning. 2020 maak ons weer so!

Ons Alies neem deel aan….

LSAN Kultuur
Safe Parking

Graad 6 en 7 Landsdiens

2020 Winter breiprojek

Vanjaar het die Laerskool Aliwal-Noord se Graad 6- en 7-Landsdienslede deelgeneem aan twee groot winterprojekte. Die dogters het geleer om vierkantige blokkies te brei en Juffroue Elna en Sumara het al die baie blokkies wat so ingesamel is, in pragtige komberse vir minder-bevoorregte gesinne uit ons eie skoolgemeenskap, omskep. Our original aim was to complete 5 blankets, but our members, their families and friends responded with enough little squares to complete 10 blankets up to date! Ons is nog steeds besig om die laaste blokkies aanmekaar vas te hekel en vir elke kombers ook ‘n lekker snoesig-warm voering van poolstof vas te werk. With this project the Land Service members showed their Love for their Fellowmen, as well as for Labour, while some girls also learnt a new skill.

Thank you very much to Krishna Textiles in Aliwal North, who showed their support for our project by giving all Land Service members who wanted to buy wool, a discount. Dankie ook aan Trio Sport, wat gehelp het om die voerings agteraan ons komberse vas te stik.

Die seuns het hul projek weer gefokus op Liefde vir die Natuur, sowel as op Arbeid. They made lovely birdfeeders and showed lots of creativity in doing so. Ons manne het baie oulike en bruikbare voëltjievoerders gemaak en so gehelp om in vanjaar se ekstra-koue winter verligting vir ons geveerde vriende te bring! “ONS GEE OM” is ons Landsdiensklub se leuse. Vanjaar het ons, ons omgee op ‘n tasbare wyse uitgebeeld. Baie dankie aan elke lid, ouer en Landsdiensvriend wat ons projekte ondersteun het.

LSAN
Welgemoed Chalets

KykNet se Sing in Harmonie was in 2019 die grootste skoolkoorkompetisie in ons land. Daar was meer as 240 kore wat ingeskryf het, ook ons eie Junior en Senior kore. Die Suid-en Oos-Kaapse streekswenners het in Port Elizabeth meegeding om deur te dring na die nasionale rondte, wat in 2020 in Johannesburg beslis sal word.

Beide kore van Laerskool Aliwal-Noord het hul besonder goed van hul taak gekwyt. 


All the hard work and hours of practice resulted in both our choirs being appointed as the best performing choirs in the beginner section. Well done to all choir members, as well as congratulations and a big thank you to the accompanyist and conducter of both choirs. 'n Groot dankie aan Mnr JD Naudé, wat ingestaan het vir Mev Engelbrecht, asook aan Juf Bianca Terblanche, wat as assistent en koor-hulponderwyser, 'n reuse taak verrig het.

Sing in Harmonie ’n hoogtepunt van 2019

LSAN Sing in Harmonie koor

Dankie ook aan al die personeellede van die skool én elke ouer of ondersteuner uit die Aliwal-gemeenskap wat op een of ander wyse betrokke was en hulp verleen het om van hierdie ervaring 'n hoogtepunt en kosbare onthou-geleentheid vir elke koorlid te maak.

Sept. 2020: Oos-Kaap Landsdiens het gedurende Augustus ‘n uitdaging aan alle Laerskool Landsdienslede gerig om ‘n plakkaat te ontwerp waarop hulle die 4 Liefdes van Landsdiens uitbeeld.

30 of our Alie-members entered in this competition and we are very proud to announce that the first 3 prizes all went to proud Alie-participants.

Baie geluk aan Jani Louw (eerste plek), Andries de Klerk (tweede plek) en Izelle van Vuuren (derde plek).  Julle is ware Landsdieners en maak ons baie trots!

Dankie aan elkeen van ons ander lede wat ook ingeskryf het.  There were so many beautiful posters, I think the judges had a tough time deciding on the winners!

Hoofleiers 2020

Foto: Juf. Sumara Snyman oorhandig Jani Louw en Izelle van Vuuren se prysgeld namens Oos-Kaap Landsdiens.

Jani Louw en Izelle van Vuuren hou Andries de Klerk se plakkaat vas.

Ons-gee-om Landsdiensklub van Laerskool  Aliwal-Noord presteer

Ons-gee-om Landsdiens van Alie-land

Esteddfod ’n hoogtepunt op die jaarlikse Alie-kalender

“You’ll never be bored

when you try something new

There’s really no limit

to what you can do!”  ~ Dr. Seuss


Hoe waar is hierdie woorde nie oor die fees van kuns, drama en musiek wat kos vir die siel was.  Dit is wat ons met die Eistedd@Alies 2019 beleef het!

Vanaf 26-30 Augustus 2019 het 47 skole se deelnemers ons drumpel deurgetrap. Skole so ver as Middelburg, Ladybrand, Queenstown, Cradock, Bloemfontein en Maclear het aan Laerskool Aliwal-Noord se Eistedd@Alies 2019 deelgeneem.


Om kortliks te noem:

1942 individue het op die verhoog hul verskyning gemaak en sertifikate ontvang, uitsluitend die 2 toneelgroepe, 2 tradisionele dansgroepe en 14 kore wat ook opgetree het.

Buiten bogenoemde is 67 skryfstukke ontvang en beoordeel asook

968 x 2D en 170 x 3D kunswerke, wat almal anoniem beoordeel is. Ook 75 x foto’s en 81 x grafiese kunswerke is op dieselfde wyse beoordeel en daarna in die skool se gange uitgestal.

22 x rokke is op Vrydag, 23 Augustus, tydens ‘n modeparade vertoon en beoordeel.


As mens so na die statistiek kyk, kan mens waardering kry vir die organisasie van só ‘n groot gebeurtenis.

‘n Maklike taak was dit beslis nie om al hierdie deelnemers hul tyd op die verhoog te gun en dit binne die bestek van 5 dae!

‘n Spesiale woord van dank aan mev. Sumara Snyman en haar span wat alles seepglad laat verloop het.  Maande se beplanning en kopkrap en “tyd laat stilstaan” het die Eisteddfod voorafgegaan, maar dit was vir seker die moeite werd.

What a pleasure and privilege it was to see the thrilled faces coming out of the hall, sharing their certificates for each and every one to see.  Their joy made all the effort worth the while.  That is why we present the Eisteddfod…

“You’re off to great places, today is your day.

Your mountain is waiting, so

get on your way!” ~ Dr. Seuss

Sonder beoordelaars, ouers, OOV en die Eistedd@Alies-span sou hierdie Eisteddfod nie ‘n sukses gewees het nie.

‘n Opregte woord van dank aan ELKEEN wat bygedra het om alles vlot te laat verloop het.

Baie dankie aan alle mammas wat eetgoed gemaak het, gewerk het en ure van hul tyd opgeoffer het.  Ons sien dit raak en het ook groot waardering vir ons hele Aliwal gemeenskap se ondersteuning.

Baie dankie ook aan elke skool wat ons ondersteun het. Sien jul volgende jaar weer!

Volgende week sal die Afdeling wenners bekendgemaak word.

Algemene Nuus
Gaan na Buffelfees
Vind ons op Facebook
want more info?
want more info?
Back to the top
Laerskool Aliwal-Noord Inligting
OK

This website makes use of cookies. Please see our privacy policy for details.