Die Laerskool Aliwal-Noord Koshuis is ‘n tweede huis, ‘n huis weg van die huis gedurende die week vir talle leerders van regoor die distrik. ‘n Veilige omgewing, met Christelike waardes, wat daarna streef om gebalanseerde jongmense die wêreld in te stuur. Dit is ‘n plek waar leerders lewenslange vriendskapsbande snoer en die geleentheid kry om deel te wees van ‘n groot familie. Die koshuislewe maak erns van dissipline, met genoeg ruimte vir leerders om hulself uit te leef as kinders. Die LSAN Koshuis beskik oor uitstekende geriewe, ruim en netjiese kamers, heerlike etes en ‘n toegewyde personeel wat werklik omgee.
Die LSAN Koshuis is die regte keuse, waar ons steeds wandel in die Here se Lig.
2020 Koshuis Hoofleiers
Koshuis-Onderhoofmeisie: Amy Britz
Koshuis-Onderhoofseun: George Vorster
Koshuis-Hoofseun: Jan-Kevin Mcgreggor
Koshuis-Hoofmeisie: Elizma Vorster
MEISIES:
Amy Britz, Ziane Cloete, Anmar de Klerk, Elizma Vorster
SEUNS:
Franco Greyling, Jan Kevin McGregor, Sakkie Steyn, Jason van Zyl, George Vorster
This website makes use of cookies. Please see our privacy policy for details.